Flower Valley Early Learning Centre (Voorskool), wat op Flower Valley Plaas buitefv Gansbaai geleë is, benodig ‘n praktisyn wat die posisie so gou as moontlik kan vul vir die onderig van kinders 2-4 jaar oud.

Verantwoordelikhede sluit in: daaglikse onderig en implementering van ‘n geregistreerde leerprogam waarin omgewingsopvoeding geintegreer word; opstel van ‘n jaarplan en maandelikse verslae vir die bestuur; begrotingbestuur in samewerking met skool se beheerliggaam; daaglikse administrasie verbonde aan die bestuur van die skool; fondsinsamelingsprojekte in samewerking met die beheerliggaam.

Vereistes: Liefdevolle en gemotiveerde persoon wat met kinders van 2-4 jaar kan werk; ‘n minimum NQF-vlak 4 kwalifikasie in kleinkindontwikkeling (ECD); ‘n minimum van 2 jaar toepaslike ondervinding; tweetalig in Afrikaans en Engels; rekenaarvaardig; Kode 8 bestuurslisensie. Salarisskaal: Onderhandelbaar afhangend van kwalifikasies en ondervinding.

Stuur asseblief ‘n dekbrief saam met u CV wat minstens 3 verwysings met kontakbesonderhede insluit, aan:londeka@flowervalley.co.za of faks aan 028 425 2855. Sluitingsdatum: 14 Maart 2014.